2021-03-23

Richard M. Stallman, ook bekend as RMS, is al dekades ‘n dryfkrag in die vrye sagteware beweging, met bydraes wat die GNU bedryfstelsel en Emacs insluit.

Daar is onlangs verskeie aanlyn aanvalle aan RMS gerig met die doel om hom van die FSF raad van direkteure te verwyder omdat hy sy persoonlike menings gelig het. Soortgelyke aanvalle het al van tevore teen ander prominente vrye sagteware aktiviste en programmeerders plaasgevind. Díe keer staan ons nie ledig aan die kantlyn terwyl ‘n ikoon van die gemeenskap aangeval word nie.

FSF is ‘n onafhanklike liggaam wat op sy eie sy lede met regverdigheid kan behandel, en behoort nie aan eksterne sosiale druk in te gee nie. Ons doen ‘n beroep op die FSF om die argumente teen RMS objektief te oorweeg en die ware betekenis van sy woorde en aksies te probeer verstaan.

RMS het in die verlede sy menings só uitgedruk dat dit baie mense ontstel. Hy fokus gewoonlik meer op filosofiese fondasies, en die strewe na waarheid, terwyl hy mense se gevoelens oor die sake geweldig onderbeklemtoon. Hierdie styl van debat stel sy argumente bloot aan misverstand en misverteenwoordiging - dit is juis díe wat ons glo die geval is in die ope brief wat om sy verwydering van die FSF roep. Sy woorde moet in hierdie konteks geïnterpreteer word en dit moet in ag geneem word dat hy gewoonlik nie sy punte diplomaties probeer stel nie.

Nietemin, RMS se menings oor die sake waaroor hy vervolg word is nie relevant aan sy vermoë om ‘n gemeenskap soos die FSF te lei nie. Verder is RMS natuurlik so veel soos enige mens aan sy menings geregtig. Lede en ondersteuners hoef nie sy menings te deel nie, maar moet die reg op vryheid van spraak respekteer.

Aan die FSF:

Die verwydering van RMS gaan die FSF se beeld beskadig en sal ‘n groot slag teen die vrye sagteware beweging slaan. Ons doen ‘n beroep aan u om u aksies versigtig te oorweeg, want wat u besluit gaan ‘n ernstige impak op die toekoms van die sagteware industrie hê.

Aan die gepeupel wat Richard Stallman aanval oor sy redelike argumente in debatte en verskeie menings wat hy oor die dekades as openbare figuur gelig het:

Julle speel geen rol in die besluitnemingsproses van die leierskap van enige gemeenskappe nie. ‘n Ongestruktureerde uitspraak van woede is nie ‘n vorm van regverdige debat nie en so is veronderstel om geen ernstige effek op sulke formele prosedures te hê nie. Richard Stallman, in kontras, is juis ‘n argumenteerder van formaat en behoort meer ernstig opgeneem te word in hierdie konteks.

Om te teken, stel asb ‘n pull request in. Om te teken sonder om Github te gebruik: